Your Recipe Blog

MIELIEMEEL KLEINKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 12 - 15 min. | Servings: 50 koekies

MIELIEMEEL KLEINKOEKIES

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Rosie Dalton
Ek het die mieliemeel kleinkoekies gebak. Dis ‘n fantastiese resep dankie.
Ek’t die maatlepeltjie gebruik om die koekies ewe groot te maak.

  • Sif saam in aparte bak:
  • 190 g bruismeel
  • 125 g mieliemeel
  • ½ teelepel sout
  • Klits saam:
  • 180 g botter
  • 180 g suiker
  • Voeg by:
  • 1 groot eier
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • Ektra:
  • bietjie bruinsuiker, om bo-op te strooi
  • Voorverhit die oond tot 180 ºC.
  • Klits die botter en suiker baie goed tot lig van kleur.
  • Voeg die eier en vanilla by en meng goed.
  • Sif die meel, mieliemeel en sout saam en meng bietjie bietjie by die botter mengsel in.
  • Meng goed.
  • Skep lepels vol op ‘n voorbereide bakplaat en sprinkel bietjie bruin suiker bo-oor.
  • Bak vir 12 – 15 min.
  • Nota: Rosie Dalton – Ek het 50 koekies gekry met die half teelepel maatlepeltjie… afgeskraap.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page