MIELIEKOEKIES
Hierdie afsondering maak my snaakse goete doen. So hier is wat ek vanaand aanmekaar geslaan het. Het die resep al so lank, maar toe wag ek tot mens nie winkel toe kan gaan nie om dit te maak. So dalk smaak die oorspronklike anders (sal dit volgende keer weer probeer), maar myne was heel lekker en die man en seunkind het amper almal opgeëet.
- 2 koppies mieliepitte (bietjie meer as 2 mielies, pitte van stronk afgesny)
- ¼ koppie mieliemeel
- ¼ koppie koekmeel (het nie mieliemeel nie, so ½ koppie koekmeel gebruik)
- 2 eier
- 1 ui, fyngekap
- ½ koppie gerasperde Parmesan, of kaas van jou keuse
- 1 eetlepel lemmetjie sap (suurlemoensap gebruik)
- sout en varsgemaalde peper na smaak
- ongeveer 1 teelepel droë pietersielie
- bietjie olie, om in te braai
- suurroom of room, vir garnering
Meng alles saam. As dit te droog is kan water bygevoeg word.
Braai lepelsvol tot bruin in bietjie olie, omtrent 4 minute aan elke kant.
Versier met die room.
Foto en Resep: Stien Rust