MICHAEL SE BOTTERSKORSIESOP
- 3 heel botterskorsies, geskil en in blokke gesny
- 2 uie, gekerf
- 5 sampioene, gekerf
- 2 pakkies sampioenroomsop
- 2 liter melk
- 1 eetlepel matige kerriepoeier, nie te veel nie
- 1 koppie gerasperde kaas
Kook die botterskorsie en uie saam tot gaar. Voeg die gekapte sampioene by en kook deur.
Voeg die 2 pakkies soppoeier by asook eetlepel kerriepoeier. Meng goed deur.
Terwyl die mengsel op die stoof op lae hitte is, voeg die melk by en roer stadig in.
Die oomblik wanneer alles goed deurgeroer is, neem ‘n blender en verpulp tot romerig.
Voeg die kaas by, roer deur en laat prut vir 5 minute.
Jy gaan nie weer ‘n ander sop wil eet nie.
Resep en foto: Michael Coetzee