MEYER SE SPEK EN SPINASIERING
- 500 – 700g rou spinasie/swiss chard, gewas en grof gekap
- 1 – 2 medium uie, grof gekerf
- 1 koppie bruismeel
- 1 koppie maas/karringmelk
- 50 ml olie
- 3 – 4 eiers
- 1 – 2 koppie kaas, gerasper
- 1 pakkie spek, gesnipper
- sout, peper en ander kruie/speserye, na smaak (bv. ½ teelepel kerrie en knoffel sal lekker wees, asook gesnipperde soetrissie)
Kook spinasie/swiss chard mengsel en uie af tot redelik droog.
Braai spek tot bros.
Meng dan vinnig al die bestanddele saam.
Giet beslag in ringpan, wat vooraf gespuit is.
Bak teen 180°C vir so 40 – 45 min, toets met skerp mes.
Laat behoorlik afkoel voor uitkeer.
Bedien saam met braai of slaai, met warm wit- of kaassous bo-oor, of as ‘n snack saam met middagtee.
Foto en resep: Meyer Combrinck
Foto 2: Variasie met salami en vienna is báie lekker!