MERINGUE- EN SPLINTERKOEKIES
- 2 eierwitte by kamertemperatuur
- 200 ml strooisuiker
- 1 teelepel vanilla geursel
- 100 g (160 ml) sjokoladesplinters, of donker sjokolade, gekap
- 100 g (1 koppie) gekapte pekanneute
Voorverhit oond tot 200°C.
Klits eierwitte styf en voeg suiker geleidelik by tot stywe punte vorm.
Klits geursel by en klits weer goed. Vou splinters en neute in.
Skep teelepels vol van die mengsel op gesmeerde bakplaat.
Sodra die oond die verlangde temperatuur bereik het, sit die koekies in in die oond en skakel dadelik die oond af. Moenie oond oopmaak voor môreoggend nie.
Resep: Huibre Muller