MELKTERT ROOMYS
Resep en foto: Natasha Prinsloo
- Melktert vulsel:
- 400 ml melk
- 1 eier
- 62.5 ml suiker
- 25 ml koekmeel
- 25 ml mielieblom
- 7.5 ml botter
- 1 ml vanilla geursel
- sout
- Roomys:
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 eetlepel vanilla geursel
- 2 koppies koue room
- kaneel
- gebreekte klapperkoekies, opsioneel
- Melktert vulsel:
- Kook die melk in ‘n kastrol tot kookpunt.
- In ‘n aparte houer, meng die eier en suiker
- Voeg die koekmeel, mielieblom, sout by die eiermengsel
- Klits die eiermengsel by die melk en verhit oor matige hitte.
- Roer tot die mengsel dik is. Dit is belangrik om aanhoudend te roer om klonte te voorkom.
- Verwyder van stoof en voeg die botter en vanilla geursel by en meng goed.
- Laat die mengsel afkoel en begin die roomys mengsel te maak.
- Roomys:
- Voeg kaneel by die room en klits tot stywe punte vorm.
- Vou versigtig die kondensmelk en afgekoelde melktertmengsel in.
- Voeg nog vanilla geursel en kaneel by soos nodig.
- Indien jy klapperkoekies wil byvoeg, kan dit saam ingevou word.
- Giet die mengsel in ‘n vrieskasveilige houer, strooi nog kaneel en koekies oor en vries vir 5 – 7 uur.
Category:












