MELKTERT MET SMEERKORS
Ek weet nou nie watse resep dit is nie, maar my ma maak ook ‘n smeerkors (my sussie het ook al baie gemaak, ek egter nou nog nie), en hier is hulle resep. Weet nie waar dit oorspronklik vandaan kom nie:
- Kors:
- 4 ronde eetlepels koekmeel (±½ koppie)
- 2 eiers
- 2 teelepels bakpoeier
- 3 eetlepels margarien
- 2 teelepels suiker
- ½ teelepel sout
Room botter en suiker saam.
Klits eiers baie goed en voeg by botter en suiker. Klits weer goed.
Voeg gesifde droë bestanddele by en roer goed.
Smeer deeg met agterkant van lepel in gespuite tertbak.
- Vulsel:
- 1 liter melk
- 3 eetlepels margarien
- 4 groot eiers
- 3 hoogvol eetlepels Maizena
- 6 eetlepels suiker
- ½ teelepel sout
- 1 teelepel vanilla
Skei die eiers.
Voeg 1 koppie melk by Maizena en eiergele, meng goed.
Sit res van die melk in kastrol, voeg margarien, suiker en sout by.
Verhit tot kookpunt.
Voeg eier en Maizena mengsel by, sodra dit weer kook – verwyder van die hitte af.
Laat effens afkoel.
Voeg vanilla by.
Klop eierwitte styf.
Voeg by pap en klop goed met ‘n houtlepel.
Skep in kors.
Strooi kaneelsuiker oor.
Bak @ 180°C vir ± 30 min tot kors goudbruin is.
Resep geplaas deur Carin Ras Wilson
Foto: Joyce Geers Minaar