MEKSIKAANSE SOUTTERT
- 1 pak bevrore broskorsdeeg, ontdooi
- 20 ml olie
- 2 uie, opgekap
- 1 blikkie (425 g) sardyne in rissie- of soetrissiesous
- 1 ½ koppie Cheddarkaas, gerasper
- 170 g Ideal melk (dit is die helfte van ‘n 380 g blikkie)
- 4 eiers
- sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 200ºC.
Plaas die broskorsdeeg in ‘n tertbak van ongeveer 30 cm deursnee.
Prik die basis van die deeg met ‘n vurk en voer uit met bakpapier.
Vul met droë boontjies en blind bak vir 10 minute in die oond.
Verwyder die boontjies en bakpapier en bak ‘n verdere 5 minute lank. Haal die kors uit die oond.
Draai oond af tot 180ºC.
Verhit intussen die olie en sorteer die uie daarin tot sag. Laat heeltemal afkoel.
Plaas die koue uie onder in die tertkors.
Ontgraat die vis, vlok die vis effens en skep bo-oor die uie.
Sprinkel die gerasperde kaas bo-oor die vis.
Klits die Ideal melk, eiers, sout en peper saam en giet in die kors.
Sprinkel bietjie droë pietersielie oor en bak vir 30 minute tot goudbruin en ferm.
Sit voor met ‘n slaai van keuse.
Resep en foto: Amanda Austen