MEISIE SE AARTAPPELGEREG
- 6 medium aartappels, gaar gemaak in die skil, afgeskil en in blokkies gesny
- 1 ui
- 125 g sampioene, gekerf
- 125 g spek stukkies, gebraai
- 100 ml blatjang
- 100 ml mayonnaise
- 2 teelepels fyn knoffel
Braai ui tot sag en voeg sampioene by, Braai spek tot bruin en voeg dit by uie en sampioene.
Voeg die blatjang en Mayonnaise by, meng deur.
Kook net tot warm en skep die mengsel oor die warm blokkies aartappels.
Meng deur en bedien.
Nota:
Dit is nog lekker die volgende dag ook, indien daar oorgebly het.
Resep en foto: Meisie van der Colff