MEDITERREENSE SOMERSONTBYT MET VARS KORIANDER EN DUKKAH
Besluit om myself bietjie te bederf vanoggend.
Ontbyt is by verre my gunsteling maaltyd. Hierdie is egter meer van somersontbyt, maar ek kon myself nie help met als wat ek in die yskas en spens gehad het nie. Ek vra omverskoning ‘in advance’ vir die Ingels. I used to be an over-thinker, now I just enjoy life 😉My tone het gekrul van die lekker!
- 1 sny roosterbrood
- 2 eiers
- Basil Pesto, gesmeer op die roosterbrood
- 2 vet snye Cheddar, want… KAAS!!!
- 2 skywe “sandwich” ham
- bietjie oorblyfsels van Woolies se Asian salad
- vars koriander
- “wild fig balsamic vinegar” opsioneel
- Dukkah
Roereiers gemaak met die eiers, melk, bietjie kaas, Aromat en grofgemaalde swartpeper.
Bou broodjie in volgorde van jou keuse met die res van die bestanddele.
Nota:
Ek het bietjie “wild fig balsamic vinegar” oor die slaai gesit.
Die smaak kwalifiseerder: Woolies se Coriander and Roasted Seed Dukkah.
Dukkah is tradisioneel ‘n Turkse droë dip. Dit het my lewe verander! Gaan kry en probeer dit gerus. Strooi in vars slaai, op broodjie saam met mayonnaise, gebruik in jou vis rub… dis hemels!
Resep en foto: Herman Kruger