Your Recipe Blog

MEDITEREENSE HOENDERKERRIE

Recipe by
Cook: 20 minute + 1 uur

MEDITEREENSE HOENDERKERRIE

  • 3 hoender borsstukke aan die been, opgesny
  • 1 groen soetrissie
  • 1 oranje soetrissie
  • olyfolie vir braai
  • 8 klein worteltjies, gehalveer
  • 10 klein uitjies
  • 20 klein Roma tamaties
  • 2 knoffelhuisies
  • 1 rooi rissie, met pitte
  • 6 wonderpeper korrels
  • 3 naeltjies
  • 1 lourierblaar
  • growwe sout, na smaak
  • 30 ml kerrie  en blaar masala, gemeng
  • 10 ml borrie
  • 5 ml gerookte paprika
  • 1 kaneelstok vel
  • 200 ml witwyn
  • 1 klein botterskorsie, geskil en opgesny
  • 1 stuk vars gemmer, opgesny
  • paar vars pynappelstukke
  • 1 roosmaryn takkie
  • 2 groot bruin sampioene, opgesny

In ‘n groot genoeg pot, braai die soetrissies en wortels in die olyfolie. Voeg die wonderpeper, naeltjies, lourierblaar en kaneelstok by en roerbraai vir ongeveer 10 minute.
Voeg die uitjies, rissie, knoffelhuise en tamaties by, strooi growwe sout oor na smaak en roer goed deur.
Voeg 20 ml van die kerriemengsel, die borrie en paprika by en roerbraai totdat alles goed deurgemeng is met die kerrie.
Voeg die witwyn en botterskorsie by en roer deur, bedek en laat prut die mengsel vir 20 minute. Roer so nou en dan.
Verhit die oond tot 180°C.
Voeg die hoender en gemmer by die kerrie- en groentemengsel en sprinkel die res van die 10 ml kerrie oor,  roerbraai totdat die hoender begin verkleur.
Voeg die pynappel stukke met die roosmaryn takkie by, bedek en plaas die pot in die oond vir 1 uur.
Voeg die sampioene 10 minute voor die 1 uur verstreke is, by die gereg en meng deur.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page