MAVI SE GROENBOONTJIES
- 250 g gesnipperde groenboontjies
- 1 ui, grof gekap
- 12,5 ml margarien
- 25 ml koekmeel
- 2 ml sout
- 2 ml bruinsuiker
- knypie peper
- 125 ml suurroom
- 75 ml melk
- 100 g/250 ml gerasperde kaas
- 40 g/100 ml verkrummelde aartappelskyfies
Kook boontjies in ‘n bietjie water tot net sag en dreineer.
Braai ui in margarien, verwyder van hitte, voeg meel, sout, suiker en peper by.
Roer deur. Voeg suurroom en melk by. Verhit en roer aanhoudend tot dit verdik.
Roer witsous en kaas by boontjies in.
Skep mengsel in ‘n oondvaste bak, strooi krummels oor en bak teen 180°C tot deurwarm.
Dassie Meyer:
Ek maak my boontjies gaar met uie en aartappel soos gewoon. Dan braai ek gesnyde sampioene en gesnipperde spek en roer dit in en dan ‘n pakkie fyn chutney skyfies en laaste dik kaassous. Sprinkel gekrummelde skyfies oor en bak in oond. Baie lekker.
Foto: Louisa Hollenbach