MATRASBROOD
Baie lekker!! Ek’t die olywe ekstra diep ingedruk sodat hulle binne bly as die broodjie bak! !
- 750 g witbroodmeel
- 10 g kitsgis
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel suiker
- 1 eetlepel olie
- 500 – 650 ml louwarmwater
- punte van roosmaryntakkies (ek het die gedroogtes gebruik)
- 200 ml olywe
- 1 teelepel growwe sout
Plaas die meel, gis, sout en suiker in ‘n groot mengbak. Voeg die olie en net genoeg louwarm water.
(ek het so 500 ml gebruik) by om ‘n deeg te vorm.
Knie 10 min lank tot glad en elasties, maak toe en laat rys vir 20 minute.
Voorverhit die oond tot 200ºC.
Knie die deeg af en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Druk holtes in die deeg en druk roosmaryntakkies en olywe in die holtes.
Strooi die growwe sout oor.
Bak 25 minute lank of tot gaar en ligbruin.
Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis












