MARY-ANN SE LASAGNE
- 1 groot ui
- 500 g maalvleis
- gemengde kruie (mixed herbs)
- BBQ speserye na smaak
- sout en pepper na smaak
- 1 pakkie sampioene, fyn gesny
- 1 pakkie tamatiepuree
- Worcestershire sous na smaak
- 2 koppies water
- 1 boksie lasagne velle
- 500 ml room
- gerasperde Cheddar kaas
- 1 teelepel knoffel
Sny ui in klein blokkies en braai die uie en die knoffel in ‘n bietjie olyf olie.
Voeg gemengde kruie by uie en knoffel. Braai tot lig bruin.
Voeg die pakkie tamatiepuree by gebraaide ui. Voeg die maalvleis by die uie en druk dit mooi fyn. Braai dit so ‘n rukkie.
Voeg Worcestershire sous by en ‘n bietjie braaivleis speserye na smaak asook die swart peper en sout.
Voeg nou 2 koppies water en die sampioene by. Plaas deksel op en laat lekker prut.
Kook solank die water om jou lasagne velle bietjiie in te laat lê sodat dit ‘n biekie sag kan raak.
Plaas jou kook water in ‘n groot bak en plaas lasagne velle daar in vir so 10 minute.
Neem dan ‘n oondvaste bak en spuit dit met “spray and cook”. Skep van die maalvleis en sous onder in die bak.
Plaas dan van die lasagne velle bo op die maalvleis en sous.
Skep nog ‘n dun lagie maalvleis en sous en dan weer van die lasagne velle.
Skep weer maalvleis mengsel bo op en giet die room oor. Rasper baie kaas bo op.
Bak die lasagne in die oond op 160 – 180 ºC vir so ‘n uur of tot die kaas lekker gesmelt is en effens begin bruin raak.
Foto en resep: Mary-Ann Adlem