MARY-ANN SE FUDGE
- 250 g botter
- 1 koppie melk
- 4 × 250 ml suilker
- 1 blik kondensmelk
- 30 ml stroop
- 5 ml vanilla geursel
Sit die botter in ‘n pot saam met die melk en laat die botter smelt, wees versigtig dat die melk nie kook nie.
Begin om jou suiker koppie vir koppie by te voeg.
Ek voeg die eerste koppie suiker by dan roer ek tot ek nie meer korrels voel nie en so gaan ek aan tot ek al 4 koppies in het.
Voeg nou die kondensmelk by en roer tot hy begin borreltjies maak.
Voeg dan die stroop in.
Verander hitte na 4 en dan is dit die lang roer tot jy voel dat hy die effek van fudge aan kant van die pot begin kry (ek roer ± 25 min).
Haal van die plaat af, sit die vanilla geursel in en roer deur.
Giet die fudge uit in ‘n bakplaat, maak gelyk en laat koel af. Sny in blokkies soos verkies.
Nota:
Soms kry hy nie die gevoel van fudge nie. Dan kan mens hom klits, voeg melk by en dan het jy sagte fudge veral as daar sandsuiker in is.
Resep : Mary-Ann Adlem