Your Recipe Blog

MARULAJELLIE

MARULAJELLIE

Tel die marulas op sodra dit van die boom af val. Dit moet nog groen wees.
Was die vrugte. Sny ‘n kruis oor die vrugte.
Plaas vrugte in pot en bedek met genoeg water. Kook tot skille van vrugte los kom.
Skep bietjie van die water uit en laat afkoel.
Neem 1 eetlepel spiritus in ‘n glas. Giet die afgekoelde water daarin.
Dit is hoe die pektien getoets word.

Draai die glas in die rondte. As die water ‘n stywe klont vorm, is die pektien baie goed en kan die jellie gekook word. Indien nie moet daar pektien bygevoeg word.
Neem 3 lae kaasdoek en maak dit oor groot genoeg houer vas. Skep die vrugte en water in die doek.
Moet onder geen omstandighede die vrugte roer nie. Laat dit staan tot al die sap deur geloop het.
As daaraan gepeuter word sal die eindproduk troebel wees en nie so deurskynend wees nie.
Neem 1 koppie suiker vir 1 koppie sap en plaas in ‘n pot op die stoof. Plaat op lae hitte, roer tot die suiker opgelos is.  Draai hitte op en kook soos met enige konfyt.
Doen ‘n toets met koue piering om te sien hoe styf die jellie is. Sodra die jellie reg toets, bottel warm in voorbereide bottels met deksels, seël dadelik.

Resep en foto: Elize Stander
2de Foto: Suenell Liebenberg

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5