MAROKKAANSE HOENDERBREDIE
- 4 – 5 hoenderborsies, sonder vel of bene in blokkies
- sout en peper na smaak
- 15 ml olie
- 10 ml gerasperde gemmer
- 3 knoffelhuisies, fyn gedruk
- 2 gekapte groen brandrissies
- 30 ml Marokkanse spesery mengsel (ek gebruik Ras el Hanout van Woolworths)
- 1 blik klappermelk (400 g)
- 1 blik kekerertjies (410 g)
Verhit olie in ‘n pan en braai gemmer, knoffel, brandrissies en speserye tot geurig.
Voeg klappermelk by en bring tot kookpunt.
Voeg hoender by en prut tot gaar.
Voeg kekerertjies by en druk fyn as sous nie dik genoeg.
Bedien met basmati rys, droë appelkose, gevlokte amandels, heuning en kaneel.
Nota:
Ek verkies net appelkose, amandels en koljander en dalk ‘n jogurt sous.
Foto: Ivanda Venter
Resep geplaas deur Ivanda Venter