Your Recipe Blog

MAROKKAANSE HOENDER IN ‘N SAKKIE

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 -6

MAROKKAANSE HOENDER IN ‘N SAKKIE

Dis ’n baie geurige gereg, danksy al die speserye in die marinade.

  • 1 hoender (of porsies)
  • 60 ml olyfolie
  • 5 ml sout
  • 5 ml suiker
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 10 ml gerookte paprika
  • 5 ml komyn
  • 3 ml fyn koljander
  • 2 ml fyn gemmer
  • 2 ml borrie
  • 2 ml kaneel
  • 1 ml rooipeper
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen

Plaas hoender op werkoppervlak met rugkant na bo. Sny aan die een kant van die rugwerwel oop met ’n skêr.
Sny nou ander kant van rugwerwel ook oop en haal hele rugwerwel uit. Draai hoender om en druk plat.
Meng res van bestanddele goed saam in ’n mengbak om marinade te maak.
Plaas hoender in ’n groot baksakkie en gooi marinade in. Druk al die lug uit en bind styf toe.
Plaas in yskas en laat marineer oornag.
Verhit oond tot 180 °C. Plaas baksakkie op bakplaat en prik sakkie met ’n vurk.
Plaas in oond en oondbraai 1½ uur.
Sny sakkie oop, gooi hoender en marinade in oondbraaibak en oondbraai nog sowat 10 – 15 minute tot vel lekker bros is.

Foto: Werna Van Der Linde
Resep geplaas deur Werna Van Der Linde

Tumeric Potatoes:
Par boil potatoes till just tender not too soft. Heat oil, butter in a pan and add some turmeric. Add potatoes and roast till brown and crisp. I used to do it in the oven, but I find it is quicker on the stove.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page