MAROGO
Marogo is volop beskikbaar in die somer reenseisoen gewoonlik na baie reen, groei wild in die veld. Dit is heerlik saam met pap en word beskou as ‘n stapelvoedsel van die meeste Afrika lande. Dit word ook genoem “Imifino”, die mense droog dit ook om dit te kan gebruik in die winter.
Hoeveelhede hang af van hoeveel “blaartjies” jy het om te kook.
- vars geplukte marogo
- aartappels
- uie
- egte botter
- sout en peper na smaak
- Cremora poeier na smaak (omtrent 4 eetlepels)
- kan ook room inmeng, indien verkies
Plaas die stingels in ‘n skottel met soutwater om seker te maak al die ongewenste “gaste” word af gespoel. Haal blaartjies van die stingels af.
Plaas in ‘n pot met warm water (net bedek) en laat prut tot net begin kook.
Nou word die helder groen water af gedreineer, spoel af met koue water. Sny aartappels en uie by marogo in die pot, voeg weer warm water by (nie te veel nie, net sodat aartappels en ui kan sag kook).
Kook tot alles sag is en al die water weg gekook is, haal van die stoof af.
Geur met sout en (lekker baie) peper, sit botter in en maak fyn met stamper (masher).
Roer nou Cremora poeier by.
Bedien.
Resep en foto: Hettie Stoltz