Your Recipe Blog

MARMITE TERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min. | Servings: 16 medium porsies

MARMITE TERT

Hierdie is altyd ‘n wenner.

  • 1 ½ koppie koekmeel
  • 1 koppie melk
  • 1 eier
  • 1 koppie suiker
  • 3 eetlepels botter of margarien
  • 3 teelepels bakpoeier
  • ¼ teelepel sout

Room botter en suiker saam.  Meng die meel, sout, bakpoeier en suiker en voeg by die bottermengsel. Meng deur.
Meng die eier en melk en voeg geleidelik by terwyl jy klits. Meng goed.
Skep in gespuite oondbak van 20 cm x 20 cm x 6 cm diep.
Bak in ‘n matige oond by 180 ºC vir 30 min of tot gaar.
Toets met ‘n toetspen.

Maak die volgende sous  terwyl die koek bak.

  • Sous:
  • ½ koppie gesmelte botter of margarien
  • ± 2 teelepels Marmite

Meng saam en gooi bo-oor warm koek.
Rasper kaas bo oor en laat afkoel en bedien.

Resep: Linda Diedericks
Foto:  Belinda Havenga
Nota:  Belinda
Ek het die bak gedeelte gisteraand gedoen, kleefplastiek oorgesit. Vanoggend het ek net dit bietjie in die mikrogolf opgewarm, die sous gemaak en die sous en kaas oorgesit. Was glad nie droog nie.

Irma Van Ellewee Swart – Ek het gevind die kaas raak hard as die tert ‘n rukkie staan, toe sê ‘n vriendin sy gooi nie kaas oor nie, maar fyn biltong. Dis ‘n wenner!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page