MARIETJIE SE GROENTE-PIEKELS
- 1 kg komkommertjies (gherkins)
- 10 baba wortels
- 8 piekel uitjies
- 1 hand vol blomkool
- 1 hand vol groenbone
- pakkie vars baba mielies
- sout
- 600 ml wit asyn
- 400 ml water
- 500 ml suiker
- 20 ml inlê speserye (pickling spice)
Meng al die bestanddele behalwe groente in kastrol.
Roer tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt.
Prut 5 minute lank.
Sny groente na keuse en voeg by asynmengsel.
Kook 5 minute en bottel warm.
Nota:
Hierdie is vir die “sweet en tangy” piekels.
Om suurder te maak, verminder suiker na 360 ml.
Bron en Foto: Marietjie van der Merwe