Your Recipe Blog

MARI SE SMOORVIS

MARI SE SMOORVIS

Smoorvis soos ek dit ken! Die afkoms is eintlik Malays, maar die ouer mense het dit gemaak as daar baie oorskietvis was.

  • 12 medium aartappels, geskil en gesny
  • 450 g vis (ek het boksie vis gebruik)
  • 1 groot ui, gesny
  • sout en peper
  • 125 g botter
  • melk

Kook aartappels en ui saam.
Stoom vis tot gaar en vlok, maak seker daar is geen grate in nie.
Dreineer die water af van beide.
Druk alles fyn saam met sout, peper, die botter en melk soos nodig om dit dieselfde “consistancy” as kapokaartappels te kry.
Bedien net so of met tamatiesous en ‘n lekker slaai.

Notas:
Enige vis kan gebruik word en hoeveelheid maak nie regtig saak nie – kan volgens smaak gemaak word.
Tamatie-uie-smoor kan bygevoeg word.

Resep en foto:  Mari Mouton

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page