Your Recipe Blog

MARAAI SE PAAI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute

MARAAI SE PAAI

  • 2 kg hoenderfilette, ontbeen en sonder vel
  • 1 koppie hoenderaftreksel
  • 1 koppie witwyn
  • 30 ml (2 eetlepels) knoffel, fyngemaak
  • 5 ml (1 teelepel) sout
  • 5 ml (1 teelepel) varsgemaalde swartpeper
  • 200 g gekookte ham, in blokkies gesny
  • 2 uie, grof gekap
  • 250 g knopiesampioene, in dun skyfies gesny
  • 250 ml (1 koppie) vars gekapte pietersielie
  • Sous:
  • 250 g botter
  • 250 ml koekmeel
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 250 ml suurroom
  • 500 ml (2 koppies) melk
  • 400 g blaardeeg, ontdooi en uitgerol
  • 1 eier, geklits

Verhit die wyn en hoenderaftreksel in ‘n kastrol, voeg die hoender, knoffel, sout en peper by.
Bedek en laat dit prut vir 20 minute oor matige hitte.
Haal die hoender uit en behou die hoenderaftreksel en breek die hoender in klein stukkies.
Plaas in ‘n mengbak, voeg die ham, uie, sampioene en pietersielie by en meng dit deeglik.
Smelt botter in ‘n kastrol en roer die koekmeel by.
Voeg die hoenderaftreksel geleidelik by terwyl dit aanhoudend geroer word.
Giet die suurroom en die melk by en roer tot glad.
Voeg die hoendervleismengsel by die sous en meng dit.
Skep dit in ‘n oondbak en bedek dit met die uitgerolde deeg.
Bestryk die deeg met die gesklitste eier.
Bak die pastei vir 20 minute in ‘n voorverhitte oond teen 200°C.

Foto: Ivanda Venter

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page