MALVAPOEDING
- 45 ml margarien
- 250 ml suiker
- 1 eier
- 5 ml koeksoda
- 10 ml appelkooskonfyt
- 250 ml koekmeel
- 250 ml melk
Room die margarien en suiker saam in ‘n mengbak en klits die eier, koeksoda en konfyt by.
Sif die meel en roer by die eiermengsel.
Voeg die melk geleidelik by en roer tot ‘n gladde deeg.
Bak in ‘n gesmeerde oondvaste bak of individuele bakkies (of teekoppies) in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir 15 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
- Sous:
- 1 koppie room
- 1 koppie suiker
- ½ koppie water
- 125 g margarien
Voeg al die sous bestanddele in ‘n potjie en verhit tot kookpunt en kook vir 3 minute.
Giet die warm sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
Bedien die poeding saam met vla of roomys.
Resep en foto: Hannetjie Niewenhuizen Keet