MALVAPOEDING MET MELKTERT BOLAAG
- Malvapoeding:
- 2 eiers
- 2 koppies suiker
- 2 koppies koekmeel
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 teelepels koeksoda
- 2 koppies melk
- 3 eetlepels bruinasyn
- knippie sout
- Sous:
- 2 koppies suiker
- 2 teelepels vanilla geursel
- 1 koppie water
- 1 blik ingedampte melk
- 250 g margarien
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Klits die eiers en suiker goed saam in ‘n groot mengbak.
Voeg die res van die bestanddele by die eiermengsel en meng goed deur.
Plaas die beslag in ‘n voorbereide oondbak van ongeveer 300 x 400 mm. (Die poeding bak perfek in ‘n baie groot oondpan.)
Bak die poeding in die voorverhitte oond vir ongeveer 45 minute of tot wanneer ‘n toetspen skoon uitkom wanneer getoets word.
Berei intussen die sous voor deur die bestanddele vir die sous in ‘n potjie te plaas en stadig tot kookpunt te bring.
Verwyder die sous vanaf die hitte en giet die warm sous oor die warm poeding sodra dit uit die oond verwyder word.
Plaas die poeding eenkant.
- Melktert bolaag:
- 4 ½ koppies volroom melk
- 188 ml suiker
- 3 eiers
- 38 ml koekmeel
- 38 ml Maizena
- bietjie ekstra melk
- 5 ml vanilla geursel
- 5 ml botter
- kaneelsuiker om bo-oor te sprinkel
Giet die melk in ‘n groot genoeg pot op die stoof en bring tot kookpunt, verwyder die pot met melk van die hitte.
Klits die eiers en suiker saam in ‘n mengbak, voeg die eier en suikermengsel stadig by die kookmelk in die pot terwyl deeglik geklits word.
Maak die koekmeel en maizena met ’n bietjie koue melk aan tot ‘n loperige pasta, voeg dit by die melkmengsel en verhit die mengsel stadig, roer totdat die mengsel verdik.
Verwyder die dik melktertpap van die stoof en klop die botter en vanilla by die melktertpap in.
Skep die melktertpap bo-op die malvapoeding in die oondpan en maak dit gelyk.
Sprinkel laastens ‘n bietjie kaneelsuiker bo-oor die melktertpap.
Nota:
Daar kan meer as 20 blokke uitkom by die grootte poeding, hang af hoe groot jy die blokke sny. Ons het dit koud geëet met vla by.
Resep en fotos: Maudie van Zyl
WOW . Tried and tested recipe. Very impressive.