Your Recipe Blog

MALVAPOEDING MET BOSBESSIES EN VARS GEMMER

MALVAPOEDING MET BOSBESSIES EN VARS GEMMER

Ek het vroeër vandag hierdie resep op die internet gekry en gedink ek gaan hom probeer met wat ek in die huis het… dit is heerlik en nie veel anders as ‘n malvapoeding met ‘n “twist” nie. Hier is hoe ek hom gemaak het. Moet se vandag het ek geleer, as mens die bosbessie eers in die kookwater laat le, dan sink hulle nie tot onder in die gebak nie. Ook eerste keer wat ek dit bak met foelie oor, maar ek is seker mens kan dit oopbak ook. Geniet.

  • Beslag:
  • 1 koppie suiker
  • 1 eier
  • 1 eetlepel vyekonfyt (Of appelkoos)
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel koeksoda
  • knippie sout
  • 2 teelepel melk vir die asyn
  • 1 teelepel asyn
  • 1 koppie melk
  • 1 eetlepel fyn gerasperde vars gemmer
  • 50 g bosbessies (cranberries)
  • Sous:
  • 185 ml room
  • 50 g botter
  • ½ koppie suiker

Voorverhit die oond tot 180ºC. Plaas die bosbessie in ‘n houer met kookwater vir ongeveer 15 min. Haal uit die water en laat afkoel. Strooi liggie meel oor die bosbessies, meng deur en plaas eenkant.
Plaas die eier, suiker en konfyt in ‘n menger en klits baie goed
Sif die meel, koeksoda en sout saam in ‘n aparte houer.
Meng die 2 teelepels melk en asyn en hou eenkant.
Terwyl die menger loop met die eiermengsel, voeg die meel en melk beurtelings bietjie vir bietjie by en meng goed tot alles bygevoeg is.
Voeg die asynmengsel en gemmer by en roer net liggies deur.
Skep die deeg in ‘n 6 gaatjie muffinpan of in 1 gewone 20 cm oondbak.
Versprei die bosbessies eweredig bo op die deeg en druk liggies in met ‘n tandestokkie, maar nie te diep nie.
Maak die pan toe met foelie en bak vir 40 min in die muffin pan en 45 min in die oonbak tot mooi bruin bo-op en gaar.
Paar minute voor die poeding uit die oond kom, kook die sous bestanddele saam in ‘n mikrogolf houer tot die botter gesmelt is.
Skep die sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom, en laat staan tot die sous mooi ingetrek het.
Bedien met vla of soos verkies.

VARIASIE:
Voeg 1 lemoen se “zest” in die deegmengsel en vervang 60 ml van die room in die sous met lemoensap.

Resep aangepas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page