Your Recipe Blog

MALVAPOEDING (KAROO POEDING)

Recipe by
| Servings: 15 - 16 muffins

MALVAPOEDING (KAROO POEDING)

  • 25 ml botter
  • 250 ml witsuiker
  • 2 eiers
  • 5 ml vanilla geursel
  • 12½ ml fyn appelkooskonfyt
  • 12½ ml asyn of suurlemoensap
  • 5 ml koeksoda
  • 250 ml melk
  • 250 ml koekmeel
  • 2 ml sout
  • Stroop:
  • 115 g botter
  • 250 ml melk
  • 125 ml witsuiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 250 ml vars room

Verroom botter, suiker, eiers en vanilla saam.
Voeg asyn en konfyt by en meng goed.
Sif sout en koekmeel saam.
Meng koeksoda en melk saam.
Voeg nou die melkmengsel en meelmengsel beurtelings by die eiermengsel, klop goed tot gemeng, gooi in muffinpannetjies en bak vir 25 – 30 minute by 175 °C tot gaar en goudbruin.

Kook al die bestanddele van die stroop saam en gooi oor warm muffins soos volg:
Haal muffins uit die pannetjies, plaas hulle in ‘n ander groot pan, steek ‘n paar gaaitjies in met vurk of tandestokkie en gooi die kokende stroop oor.

Nota:
Rina Kleinhans
Kan nou gevries word, of sonder die stoop, maak dan die stroop en voor jy bedien sit jy die stroop oor en warm weer op, of bedien saam met ekstra stroop.

Plasing en foto: Magda Van Der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page