MALVALEKKERSLAAI MET VARIASIE
Ek deel hierdie slaai wat ‘n vriendin op kamp gemaak het. Die kinders veral was mal daaroor. Baie lekker vir by ‘n braai, ‘n geurig en soet ietsie vir die tafel. Het dit nou net weer gemaak vir vanmiddag se outing. Enjoy! 🤗
- 1 groot pak met klein malvalekkers
- 1 blik “crushed” pynappel
Meng bymekaar en bedien.
Resep en foto: Ilse Roberts Van Wyk
Variasie:
Ianette Louw Carstens – Meng piesangs en pynappel jogurt by, is ook baie lekker.
Johanna Strauss – Meng met ‘n bietjie kondensmelk met suurlemoen sap. Jogurt kan ook gebruik word. Smaak diep lekker saam met braaivleis.
Lindie Kolver
Ons noem dit AMBROSIA SALAD in Australia. Dis net so lekker met druiwe en piesangs, maar die heel beste is die Toasted COCONUT malvalekkers wat mens in SA kry by die slaai… nie daai kleintjies wat na niks proe nie.
Geblikte Mandarins (al die sous afgegooi), blikkie “crushed” pynappel (sous afgegooi), coconut vlokkies, malvalekkers en 250 g suurroom versigtig deurgeroer… lekker VERBY.
Drini Zaaiman – Ken dit met piesangs en gekaramiliseerde uie as ‘n slaai met bietjie mayonniase deurgemeng.