Your Recipe Blog

MALVALEKKERS VIR EETBARE “COOKIE CUPS”

MALVALEKKERS VIR EETBARE “COOKIE CUPS”

Hierdie resep was altyd my gunsteling (20 jaar terug) hahaha as ek vinnig ietsie moes maak wat skool toe moes gaan:

  • 2 koppies strooisuiker (castor sugar)
  • 2 koevertjies gelatien (1 koevertjie is 10 g)
  • 2 eierwitte
  • ¾ koppie kookwater
  • geursel en kleursel (1 teelepel elk)
  • eetbare “cookie cups”

Los die gelatien op in kookwater
Sit die suiker en gelatien in ‘n menger en klits baie goed.
Voeg die eierwit, geursel en kleursel by en klits tot baie styf.
Skep in eetbare “cookie cups” en plaas bietjie in die yskas om te stol.
Versier met 100de en 1000de sprinkels of soos verkies.

Resep geplaas deur Riana Du Plessis
Foto: Anika Keuler

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page