Your Recipe Blog

MALVALEKKER “FLUFF”

MALVALEKKER “FLUFF”

Marshmellow fluff soos ons dit ken.

  • 3 groot eiers
  • ¾ koppie suiker (180 ml)
  • ½ koppie (125 ml) vloeibare glukose
  • ½ teelepel vanilla
  • 20 – 30 Marie beskuitjies of enige van jou keuse
  • 200 – 300 g sjokolade, om te smelt

Plaas die eierwitte, suiker en glukose in ‘n glasbak op ‘n pot kokende water op die stoof.
Klits 15 min lank met ‘n elektriese menger tot dit dik en blink is.
Moet ‘n temperatuur van 60°C bereik.
Haal van die hitte af.
Giet oor in ‘n koeler bak en voeg dan die vanilla by.
Meng met die hand tot mengsel heeltemal afgekoel het.
(Nou het jy jou marshmallow fluff).
Skep dit in ‘n gesteriliseerde bottel en plaas in yskas.
(Mengsel hou ‘n week in yskas)

As jy ‘n brownie pan het, werk dit lekker.
Smelt sjokolade en verf met ‘n koskwas die bodem en kante van pannetjie.
Smeer so 4 keer sjokolade aan tot dit nie meer deurskynend is nie.
Sit die koekie onder in die pannetjie.
Neem ‘n versiersak, sit die “Fluff” daarin in en spuit die “fluff” bo-op die koekie om die vulsel te vorm.
Giet gesmelte sjokolade versigtig bo-oop en sit in yskas vir so 20 minute tot dit gestol het.
Lekker eet.

Resep en foto:  Adele Della Christie

One Review

  1. Kitikat

    Vir mense wat nie ‘n termometer het nie: Sit die bestanddele soos genoem in ‘n bak oor liggies kokende water (bak moenie aan water raak nie). Roer met ‘n whisk tot al die suiker opgelos is (voel met vingers indien jy twyfel). Dit sal nie smelt voor 60 grade bereik is as jy gewone korrelsuiker gebruik nie. Gooi dan vanilla by en in staanmenger se bak. Klits nou met whisk attachment totdat dit yskoud is. (Net ingeval julle wonder, dis ook die mengsel wat mens gebruik vir swiss buttercream, daar kom nou net botter by vir die buttercream resep). Dis vrek lekker.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page