Your Recipe Blog

MALVALEKKER EN SJOKOLADE GESTOLDE NAGEREG

MALVALEKKER EN SJOKOLADE GESTOLDE NAGEREG

Ek moes vandag my ma se gunsteling nagereg met Kers seisoen maak. Ek het so na haar verlang.

  • 10 ml gelatien
  • 45 ml sterk swart koffie
  • 125 ml warm water
  • 20 wit Malvalekkers
  • 120 g kook sjokolade, grof gerasper
  • 250 ml yskoue Idealmelk
  • 120 ml room, styf geklits
  • 12 suikerbrood vingers

Week gelatien in die koffie in ‘n dubbele kastrol.
Voeg die warm water, Malvalekkers en sjokolade by.
Laat die mengsel stoom tot alles gesmelt is. Roer aanmekaar.
Sit in ‘n koel plek om af te koel tot dit wil stol.
Klits die Idealmelk tot styf en volume verdubbel het.
Voeg sjokolade mengsel by en klits aanhoudend. Vou room in.
Giet in n ring vorm wat met spray en cook gespuit is en plaas in yskas tot goed gestol.
Keer uit op ‘n bord en pak halwe suikerbrood vingers om.
Skep roomys in die middel.
Oppas vir ooreet. 😂

Resep: Ouma Dina
Foto: Marlize Williams

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page