Your Recipe Blog

MALVALEKKER EN PYNAPPEL TERT

MALVALEKKER EN PYNAPPEL TERT

Malvalekkers en Pynappel tert met die nuwe blou bubblegum malvalekkers saam met die pienk en wit malavalekkers.

  • 1 pak Tennisbeskuitjies, onder in bak om kors te vorm en maak die volgende vulsel
  • 250 ml vars room, styf geklits
  • 125 ml suurlemoensap
  • 1 blikkie “crushed” pynappel, gooi stroop af
  • 1 pakkie pynappel jellie
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 pak pienk en wit malvalekkers
  • 1 pak pienk en blou malvalekkers

Sny malvalekkers fyn.
Meng kondensmelk en suurlemoensap tot dik.
Voeg pakkie jelliepoeier by.
Voeg styfgeklitste room by.
Vou blikkie “crushed” pynappel in.
Vou die fyn gesnyde malvalekkers in.
Roer mengsel goed en skep oor kors.
Versier met kersies, fyn Tennisbeskuitjies of gerasperde sjokolade.
Sit in yskas om te stol.

Resep en foto: Annelize Schluter Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page