Your Recipe Blog

MALVA MELKTERT

Recipe by
Cook: 40 -50 minute

MALVA MELKTERT

  • Beslag:
  • 250 ml suiker
  • 1 eier
  • 15 ml sagte botter
  • 60 ml appelkooskonfyt
  • 250 ml melk
  • 10 ml asyn
  • 10 ml vanilla geursel
  • 125 g koekmeel
  • 5 ml koeksoda
  • Sous:
  • 125 ml vars room
  • 20 g botter
  • 60 ml suiker
  • 30 ml water

Voorverhit die oond tot 180°C.
Klits suiker, eier, botter en konfyt tot donsig. Meng melk, vanilla en asyn.
Sif meel en koeksoda en voeg dit by die eiermengsel om die beurt met die melk.
Giet dit in gesmeerde oondvaste bak (30 x 20 cm).
Bak vir 40 – 50 minute. Kyk na 40 minute.
Berei sous voor deur alle bestanddele in ‘n pot te voeg en tot kookpunt te bring.
Haal malvatert uit die oond en giet die sous eweredig bo-oor. Sit eenkant.

  • Melktert bolaag:
  • 4½ koppies melk
  • ¾ koppie suiker
  • 3 eiers
  • 2½ eetlepels koekmeel
  • 2½ eetlepels maizena
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 teelepel botter

Meng die maizena en koekmeel met bietjie van die melk en hou eenkant.
Verhit die res van die melk en verwyder van hitte. Moenie kook nie.
Klits eier en suiker saam. Giet klein bietjie warmmelk in die eiermengsel, Meng goed.
Giet die eiermengsel in die melk in ‘n stadige bestendige stroom terwyl jy goed klits.
Plaas terug op die hitte en voeg die maizena en meelmengsel by. Klits goed.
Kook tot dit  goed verdik op lae hitte.
Verwyder van hitte en voeg die vanilla geursel en botter by . Meng goed.
Skep oor malvatert. Sprinkel kaneel oor en verkoel tot gestol.
Geniet koud of wag totdat dit kamertemperatuur bereik.

Resep  geplaas deur en foto: Marian van Deventer

One Review

  1. Ina

    Fantasmagories

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page