Your Recipe Blog

MALTABELLA GESONDHEIDSBESKUIT

Recipe by
Cook: 45 - 60 minute

MALTABELLA GESONDHEIDSBESKUIT

Resep en fotos: Carmari Fourie Strobos
My man en tweeling (2 jr oud) is mal hieroor, dis ons “guilt-free” lekkerte soggens vroeg😋

  • 500 ml maltabella meel (sorghum)
  • 750 ml koekmeel
  • 1.5 koppie semels
  • ½ koppie sade (wat ookal, ek het sonneblom, lyn, sesame, pampoen en ‘n sprinkel chia saad gebruik)
  • 1.5 koppie suiker
  • ½ koppie klapper, desicated
  • 2 ml sout
  • 10 ml bakpoeier
  • 10 ml kremetart
  • 10 ml koeksoda
  • 250 g margarien
  • 750 ml karringmelk (kan ook 2 koppies plain jogurt en 1 koppie gewone melk gebruik)
  • 5 ml vanilla geursel
  • Verhit oond tot 180 ºC en smeer ‘n standaard oondpan.
  • Meng droë bestanddele goed saam in groot bak. Smelt margarien en laat effens afkoel en meng die karringmelk en vanilla by en roer deur.
  • Voeg vloeistof by droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in oondpanne en bak vir ongeveer 45 – 60 minute. (Myne het 50 minute gebak)
  • Laat die beskuit afkoel, sny in skywe en droog uit in lou oond.

Nota:
Die resep kan ook glutenvry gemaak word deur die koekmeel en semels met glutenvye meel te vervang en die vloeistof aan te pas soos verkies.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page