Your Recipe Blog

MAKLIKSTE FUDGE

MAKLIKSTE FUDGE

  • 1 blik kondensmelk
  • 500 g versiersuiker
  • 250 g Rama/Stork margarien (nie spread nie)
  • 5 ml vanilla geursel

Smelt margarien en meng kondensmelk en versiersuiker daarby in. Kook op medium hitte vir ± 20 minute terwyl jy heeltyd roer. Verwyder van hitte en voeg geursel by.
Klop met lepel tot net BEGIN verdof en skep uit in ‘n gesmeerde bak.
Laat stol effens sny blokke en laat dan heeltemal stol en koud word.

Die mense sê almal klop met ‘n houtlepel, maar ek doen met die metaallepel waarmee ek roer.

Resep: Elaine Steyn Steyn
Foto: Leandre Kotze
2de foto en kommentaar: Samantha Silvermist Jv Vuuren

Te danke aan tannie Rina het ek geleer hoe om fudge te maak. Ek het my gasplaat laer gestel as tevore, en het net 10 minute geroer tot dit begin weg trek van die kante af.
Ek het dubbel die vanilla bygevoeg. Heerlik!!!!
Ek gaan volgende keer bietjie langer laat kook vir n donkerder kleur.

Nota:
Hierdie resep is nie die tipe soet wat gewone fudge gewoonlik is nie.
Julle is tops! Dankie!

Elaine Steyn
Voor werk vanoggend gou vir ons fudge gemaak. Nie kondensmelk in huis nie so eers my eie gemaak met resep op internet waarvan ek die metode effens verander het.

  • TUISGEMAAKTE KONDENSMELK
  • 2 koppies melk
  • ¼ teelepel koeksoda
  • 2 koppies suiker
  • ½ teelepel sout

Los alle bestanddele op in melk.
Kook vinnig vir so half uur tot romerig.
Roer aanhoudend, maar moenie laat melk oorkook nie.
Laat afkoel en bottel dit. Plaas in yskas.
Dit kan in enige resep gebruik word. Dit proe soos gekoopte kondensmelk en is lekker soet.
Ek het die hoeveelheid kondensmelk wat die resep oplewer gebruik. Ek was haastig en het margarien sommer in die warm kondensmelk gesmelt en daarna versiersuiker gesif en ingeroer.
3de foto – Elaine Steyn gemaak met tuisgemaakte kondensmelk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page