MAKLIKE WITBROOD
My heel eerste probeer slag. Kon dit maar net nooit waag om te bak nie lol. Moet sê dit het baie lekker uitgekom.
- 5 koppies koekmeel
- 2 teelepels sout
- 2 eetlepels suiker
- 10 g droë kitsgis
- 1 liter louwarm water
Meng al die droë bestanddele en maak aan met louwarm water tot ‘n sagte deeg wat nie meer aan jou hande vassit nie. Knie so 15 minute lank.
Plaas in gesmeerde broodpan en laat rys vir 1 uur lank.
Bak by 180°C vir 45 minute.
Die resep is vir een groot brood.
Resep en foto: Cynthia Jones
BAIE BAIE DANKIE CYNTHIA!
Ek is nou amptelik ‘n bakster lmk. Hierdie is ‘n maklike resep met smaaklike produk. Weereens dankie.