MAKLIKE VRUGTEKOEK VIR KERSFEES
- Kook die volgende saam:
- 1 koppie bruin suiker
- 1 koppie koue water
- 125 g margarien
- 500 g vrugtemengsel
- Beslag:
- 2 goed geklitse eiers
- 2 koppies bruismeel
- 1 opgehoopte teelepel koeksoda
- 1 teelepel gemengde speserye
- ½ koppie brandewyn/whiskey/sjerrie
Laat die vrugtemengsel goed afkoel en voeg die eiers by.
Sif die droë bestanddele saam en meng in by die vrugtemengsel.
Voeg die brandewyn, whisky of sjerrie by die mengsel.
Skep beslag in goed gespuite koek pan.
Bak op 150°C vir 1 uur en 15 min.
Laat afkoel en bêre in ‘n koek blik wat dig seël.
Nota:
Jy kan dit nog brandewyn gee tot dit geëet moet word, anders kan jy hom nou al eet.
Geniet dit en lekker bak.
Resep geplaas deur Melani Swanepoel
Foto en nota: Hanlie Henning
Nota:
Trots op my vrugtekoek. Het dit in ring pan gebak.