MAKLIKE SJOKOLADEMOUSSE
Ek het ‘n pak malvalekkers in my spens opgespoor en het ‘n blik ideal melk gehad wat rondgelê het. Sonder om dit te mors het ek toe ‘n resep opgespoor wat maklik en vinnig is om te maak.
- 1 blik Ideal melk (koud)
- 1 pak malvalekkers
- 200 g donker sjokolade
Breek die sjokolade in stukkies, voeg die helfte van die Ideal melk by en smelt die sjokolade oor lae hitte op die stoof.
Voeg die malvalekkers by en smelt saam met die sjokolademengsel.
Klits die oorblywende koue Ideal melk tot skuimerig.
Vou die styfgeklitste Ideal melk by die sjokolademengsel in.
Giet in wynglase of klein bakkies vir individuele porsies.
Verkoel oornag in die yskas.
Sit voor met geklitste room, sjokolade skaafsels of roomys.
Resep en foto: Anika Steyn