MAKLIKE SJOKOLADE TERT
My sjokolade tert klaar vir Kersdag.
- 1 boksie Romany Creams koekies
- 200 g Dairy Melk sjokolade
- 1 botteltjie Orley Whip, yskoud en styf geklits
- 250 ml Malvalekker fluff
- 60 ml gesmelte botter
Maak beskuitjies fyn en gooi gesmelte botter in. Meng en druk vas in tertbord.
Smelt sjokolade en meng met Malvalekker fluff.
Vou sjokolade mengsel saam styf geklopte Orley Whipp goed deur.
Skep op tertkors.
Sit in yskas vir 4 ure en geniet!
Resep en foto: Suzanne Petersen