MAKLIKE SANGRIA
- 1 liter rooi wyn
- 3 appels
- 2 liter Sprite
Spoel appels af en sny in klein blokkies. Spoel af onder koue water en plaas in ‘n plastiek bak.
Giet die wyn oor die appels en bere in yskas.
Laat staan oornag of tenminste vir 8 ure.
Voeg die sprite by net voor bediening.
Resep en foto: Meisie van der Colff
Category: