MAKLIKE RISSIESOUS
Hierdie sous is “warm” so wees gewaarsku 🙂
- 200 g rissies (groen of rooi) met pitte en al
- 1 teelepel knoffel
- 1 teelepel gemmerpoeier
- 1 koppie bruinasyn
- 1 koppie witsuiker
- Maizena, opsioneel
Kap rissies, knoffel en gemmer saam in ‘n voedselverwerker.
Bring asyn en suiker tot kookpunt en voeg rissiemengsel by.
Prut vir 10 minute op lae hitte.
As die sous te dun is, maak 1 eetlepel Maizena aan met klein bietjie water, voeg by en kook nog 2 minute.
Bottel warm.
Resep en foto: Martie Labuschagne