Your Recipe Blog

MAKLIKE PEPPERMINT TERT

MAKLIKE PEPPERMINT TERT

  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 1 blikkie “caramel treat”
  • 250 ml room
  • 1 pakkie peppermint kitspoeding
  • 400 ml melk
  • 1 groot Peppermint Crisp sjokolade
  • 10 g gelatien (1 sakkie)
  • 50 ml gesmelte botter

Maak die Tennisbeskuitjies fyn tot krummels. Voeg die botter bietjie vir bietjie by tot die krummels klam genoeg is om as kors in die tertbak vasgedruk te word.
Klits die melk en die kitspoeding saam. Hou enkant.
Klits die room en “caramel treat” saam tot semi styf.
Giet so 20 ml gekookte water by die gelatine en laat dit goed oplos.
Meng die kitspoedingmengsel en die roommengsel en meng die opgeloste gelatien deeglik by die mengsel.
Kap die sjokolade op en meng die helfte by die beslag in.
Meng dit deur en skep in die bak bo-op die kors.
Strooi die ander helfte sjokolade oor die vulsel.
Verkoel in die yskas tot dit stol.

Nota:
Rina kleinhans – pas die botter aan na 80 ml indien nodig.

Foto: Lorrainne Lolla Mouton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page