MAKLIKE PAVLOVA
- 1 meringue dop
- 1 blikkie kondensmelk
- 125 ml vars suurlemoensap
- 250 ml room
- suiker na smaak
- 2 eetlepels granadillamoes
- vrugte van jou keuse
Meng kondensmelk en suurlemoensap tot dik en bere in yskas tot benodig.
Klits room styf met bietjie suiker.
Skep die kondensmelkmengsel in die meringue dop en maak gelyk.
Smeer die styf geklitste room- en suikermengsel oor die kondensmelkmengsel.
Plaas enige vrugte bo-op die room laag en bedruip met die granadillamoes.
Bedien so gou as moontlik nadat die vulsel gedoen is.
Nota
My vrugte was vars bloubessies, aarbeie en kersies.
Ek het “shortbread choc” bolletjies ook opgesit.