MAKLIKE MIKROGOLF SJOKOLADETERT
- Sous:
- 375 ml suiker
- 500 ml water
- 45 ml kakao
- 5 ml vanilla geursel
- Beslag:
- 250 ml koekmeel
- 12 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 250 ml suiker
- 3 eiers
- 250 ml kookwater
- 50 ml olie
- 45 ml kakao
- 5 ml vanilla geursel
Bespuit 2 x 16 cm mikrogolfbestande tertbakke.
Meng die bestanddele vir die sous in ‘n kastrol.
Verhit tot die suiker gesmelt is en prut vir 10 min lank.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg suiker by en meng deur.
Meng die eiers, kakao, olie en kookwater in ‘n ander mengbak, en klits goed. Voeg die vanilla by.
Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng deur.
Giet in die voorbereide tertbakke, sit een vir een in die mikrogolf vir 4 min lank.
Druk gaatjies in die koek en giet die warm sous bo-oor die tert.
Bedien saam met roomys of room.
Resep en foto: Amanda Austen