Your Recipe Blog

MAKLIKE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 7 minute

MAKLIKE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK

‘n Paar mense het gevra vir my Mikrogolf sjokoladekoek resep en hier is hy, makliker en vinniger kan jy nie kry nie en heerlik daarby.

  • Koek:
  • 280 ml (1 koppie plus 30 ml) koekmeel
  • 200 ml suiker
  • 45 ml kakao
  • 280 ml louwarm water (1 koppie plus 30 ml)
  • 5 ml vanilla geursel
  • 20 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 2 eiers
  • 60 ml kookolie

Sif droë bestanddele saam.
Klits eiers en meng met lou water, olie en vanilla geursel.
Voeg droë bestanddele by eiermengsel en meng goed.
Skep in voorbereide bak of pan.
Plaas op omgekeerde bordjie in mikrogolfoond en bak teen 100% vir 7 minute.
Los vir ‘n verdere 1 minuut in mikrogolfoond voordat dit uitgehaal word.

  • Stroop:
  • 180 – 200 ml volroommelk
  • 60 ml suiker

Kook saam vir ongeveer 2 – 3 minute terwyl aanhoudend geroer word.
Skep lepelsgewyse oor afgekoelde koek.

  • Bolaag:
  • 80 g sjokolade
  • 1 eetlepel melk
  • 2 eetlepels volroom natuurlike jogurt

Laat die koek heeltemal afkoel en smelt dan sjokolade en melk saam.
Roer daarna volroom natuurlike jogurt by en smeer dadelik bo-oor.
(Indien jy nie jogurt het nie gebruik ‘n ekstra eetlepel melk)
Versier soos verlang.

Nota:
Ek gebruik een van die volgende bakke:
Reghoekige glasbak – 30 x 20 cm wat ek met Spray and Cook spuit en dan die koek in bak en daaruit bedien
of
‘n Ronde mikrogolfbak met deursnee van 22 cm. Sny ronde stukkie bakpapier om bodem mee uit te voer. Spuit Spray and Cook en die gaar koek kan dan versigtig uitgekeer word sodra dit effens afgekoel het. Skep dan eers die stroop lepelsgewyse oor en daarna die sjokolade bolaag.
Melk kan vervang word in beide die stroop en bolaag met Ideal melk, Nestle room of vars room. Lekker bak!

Resep geplaas deur Elize Clark
Foto:  Annetjie de Klerk
Bak dit baie gereeld! Hierdie net gewone botter versiersel en 2 lae koek! Het vandag gou gebak!

One Review

  1. Helmien Delport

    Baie lekker!!! Maklik, vinnig en yummy

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page