Your Recipe Blog

MAKLIKE KANEELROLLETJIES

Recipe by
Cook: 20 min

MAKLIKE KANEELROLLETJIES

Ek gebruik my pizzadeeg vir hierdie rolletjies en dit is heerlik.

  • Deeg:
  • 4 koppies koekmeel
  • 1 knippie sout
  • 2 eetlepels suiker
  • 1 pakkie gis
  • 2 koppies louwarm water
  • 2 eetlepels olie
  • Ekstra: Hoeveelhede na smaak
  • 1 blik karamel kondensmelk
  • kaneel
  • bruinsuiker
  • room
  • versiersuiker
  • roomkaas
  • sagte botter
  • melk of room
  • vanilla geursel

Meng alles saam.
As die deeg nog te nat lyk, voeg nog meel by totdat dit nie meer te klewerig is nie.
Die deeg moet lekker glad wees en ‘n mooi ronde bal vorm en nie drade trek as jy daaraan vat nie.
Smeer ‘n bak uit met olie en plaas die deeg daarin.
Bedek met ‘n lap en laat rus op ‘n warm plek.
Laat rus vir omtrent ‘n uur tot ‘n uur en ‘n half.
Maak ‘n pasta met kaneel, bruinsuiker en karamel kondensmelk.
Rol die deeg uit en smeer die karamelpasta op.
Rol die deeg in ‘n lang vorm op en sny in eweredige wiele.
Smeer ‘n groot oondpan met botter en plaas die wiele in die bak met bietjie spasie tussen elke een, want hulle gaan nog rys in die oond.
Voeg klein bietjie room in die spasies tussen die kaneelwiele.
Dit sal hulle lekker sag hou en help dat dit nie te droog word nie.
Voorverhit die oond tot 180ºC (waaier).
Wanneer oond sy hitte bereik het bak die wiele vir 20 minute.

Begin solank die versiersel maak.
Meng die versiersuiker, roomkaas, sagte botter, melk of room, en vanilla saam tot ‘n lekker dik versiersel. Smeer bo-oor die wiele sodra dit uit die oond kom en nog warm is, sodat die versiersel lekker smelt oor alles.

Resep en foto: Sherelle Potgieter

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page