MAKLIKE HOENDERPASTEITJIES
- 200 g gaar hoender, fyn gekap
- 1 ui, fygekap en gebraai
- 100 g kaas, gerasper
- 2 eiergele, geklits
- gekoopte skilferkorsdeeg
Meng al die bestanddele saam en gebruik as vulsel vir pasteitjies of snackwich.
Rol genoeg skilferkorsdeeg uit om ses klein pasteitjies te maak. Druk 12 sirkels uit.
Sit deeg onder in die gaatjies van die masjien, skep die vulsel bo-op en plaas weer ‘n deegsirkel bo-oor.
Maak toe en bak volgens die intruksie van die “pie maker”.
Resep en foto : Amanda Austen