MAKLIKE HERDERSPASTEI
- 1 kg beesmaalvleis
- 2 skoongemaakte uie, gekap
- 2 eetlepels kookolie
- 250 g gemengde groente
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier, aangemaak met 2 koppies water
- 4 medium aartappels, geskil
- sout en peper na smaak
- 1 teelepel fyn knoffel
- 1 eier geklits gemeng met bietjie melk
Braai uie in olie tot bruin.
Voeg knoffel by.
Voeg maalvleis by en braai tot bruin.
Voeg gemengde groente en aangemaakte soppoeier by en kook tot gaar.
Kook intussen die aartappels en maak kapokaartappels sodra aartappels sag gekook het.
Smeer ‘n reghoekige oondvaste bak (met ‘n 2 liter inhoudsmaat).
Skep vleismengsel in bak en bedek vleis met kapokaartappels.
Verf aartappelbolaag met geklitste eiermengsel.
Bak die pastei in ‘n voorafverhitte oond op 180 ºC vir een uur of tot goudbruin bo-op.
Bedien met rys of groen slaai.
Resep en foto’s: Charlene Polman