Your Recipe Blog

MAKLIKE ERTJIESOP

MAKLIKE ERTJIESOP

  • 1 pak gesplete ertjies
  • 1 blokkie Imana “garden vegetable flavour”
  • 1 blokkie Knorrox beestert (oxtail)
  • 1 medium ui
  • 2 medium wortels
  • 2 medium aartappels
  • swartpeper na smaak
  • vleis vir sop met ‘n vetjie aan (eie keuse)

Week ertjies oornag in kookwater. Spoel volgende oggend af met koue water.
Voeg water by om ertjies te bedek en kook stadig vir 1 tot 2 ure. Voeg water by soos nodig.
Rasper aartappels en wortels fyn en voeg by.
Braai die vleis in ‘n pan met bietjie olie tot bruin, voeg die vleis by die sop.
Kap die ui grof en voeg by asook die 2 sousblokkies.
Kook tot die vleis sag is en roer gereeld, voeg water by indien nodig.
Voeg swartpeper by na smaak.

Resep en foto’s: Louisa Hollenbach

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page