Your Recipe Blog

MAKLIKE BREYANI

MAKLIKE BREYANI

  • hoenderborsies
  • olie vir braai
  • 1 ui gekap
  • 1 knofflehuisie, fyn gedruk
  • gemengde heel breyani speserye, na smaak
  • 1 teelepel kerriepoeier
  • 1 teelepel borrie
  • 1 eetleper botter of margarien
  • 1 koppie rou rys
  • 1 liter water
  • 2 hoenderekstrak blokkies
  • 1 koppie lensies geweek (week vir 1 uur)

Braai hoenderborsies in bietjie olie tot bruin,  sny in happiegrootte en hou eenkant vir eers.
Braai die gekapte ui, fyngedrukte knoffelhuisie en gemengde heel breyani-speserye, roer die kerrie en borrie in. Voeg die botter en rys by, braai die rys tot ten volle bedek.
Voeg die water, hoenderekstrak-blokkies en geweekte lensies by.
Laat prut tot van die water oorbly en voeg happie-grootte hoenderborsies by.
Prut tot die rys en lensies gaar is. Voeg nog water by indien nodig.
Bedien dadelik, moenie laat staan nie.
Njam!

Foto en resep: Stef Conradie

2 Reviews

  1. Bets Jacobs

    Soek raad. Het die resep gevolg en nie dadelik die gereg bedien nie. Hoe langer dit staan hoe droer word dit. wil nie nog water byvoeg nie dan gaan die rys pap kook. Wat nou?

    • Hi Bets, jammer ek sien nou eers jou navraag. Ek hoop jy het reggekom, maar Breyani kan ongelukkig nie staan nie, die rys sal al die vloeistof absorbeer, dit is een van die geregte wat jy dadelik moet bedien. Ek is regtig jammer ek hoop julle kon dit darem geniet.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page